Ou Testament

Nuwe Testament

Matthéüs 4:1-8 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

1. TOE is Jesus deur die Gees weggelei die woestyn in om versoek te word deur die duiwel.

2. En nadat Hy veertig dae en veertig nagte gevas het, het Hy naderhand honger geword.

3. En die versoeker het na Hom gekom en gesê: As U die Seun van God is, sê dat hierdie klippe brode word.

4. Maar Hy antwoord en sê: Daar is geskrywe: Die mens sal nie van brood alleen lewe nie, maar van elke woord wat deur die mond van God uitgaan.

5. Toe neem die duiwel Hom saam na die heilige stad en laat Hom op die dak van die tempel staan

6. en sê vir Hom: As U die Seun van God is, werp Uself af; want daar is geskrywe: Hy sal sy engele bevel gee aangaande U, en hulle sal U op die hande dra, sodat U nie miskien u voet teen ’n klip stamp nie.

7. Jesus sê vir hom: Daar is óók geskrywe: Jy mag die Here jou God nie versoek nie.

8. Weer neem die duiwel Hom saam na ’n baie hoë berg en wys Hom al die koninkryke van die wêreld en hulle heerlikheid,

Lees volledige hoofstuk Matthéüs 4