Ou Testament

Nuwe Testament

Matthéüs 3:12-17 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

12. Sy skop is in sy hand, en Hy sal sy dorsvloer deur en deur skoonmaak en sy koring in die skuur saambring, maar die kaf sal Hy met onuitbluslike vuur verbrand.

13. TOE het Jesus van Galiléa na die Jordaan, na Johannes gekom om deur hom gedoop te word.

14. Maar Johannes het Hom ernstig teëgegaan en gesê: Ek het nodig om deur U gedoop te word, en kom U na my toe?

15. Maar Jesus het geantwoord en vir hom gesê: Laat dit nou toe, want só pas dit ons om alle geregtigheid te vervul. Daarna het hy Hom toegelaat.

16. En nadat Jesus gedoop was, het Hy dadelik uit die water opgeklim, en meteens gaan die hemele vir Hom oop, en Hy sien die Gees van God soos ’n duif neerdaal en op Hom kom.

17. En daar kom ’n stem uit die hemele wat sê: Dit is my geliefde Seun in wie Ek ’n welbehae het.

Lees volledige hoofstuk Matthéüs 3