Ou Testament

Nuwe Testament

Matthéüs 26:9-18 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

9. Want hierdie salf kon duur verkoop en die geld aan die armes gegee geword het.

10. Maar toe Jesus dit merk, sê Hy vir hulle: Waarom val julle die vrou lastig? Want sy het ’n goeie werk aan My gedoen.

11. Want die armes het julle altyd by julle, maar My het julle nie altyd nie.

12. Want toe sy hierdie salf op my liggaam uitgegooi het, het sy dit gedoen met die oog op my begrafnis.

13. Voorwaar Ek sê vir julle, oral waar hierdie evangelie verkondig sal word in die hele wêreld, sal ook gespreek word van wat sy gedoen het, tot ’n gedagtenis aan haar.

14. TOE gaan een van die twaalf, met die naam van Judas Iskáriot, na die owerpriesters

15. en sê: Wat wil u my gee, en ek sal Hom aan u oorlewer? En hulle het vir hom dertig silwerstukke afgeweeg.

16. En van toe af het hy ’n goeie geleentheid gesoek om Hom oor te lewer.

17. EN op die eerste dag van die ongesuurde brode kom die dissipels na Jesus en sê vir Hom: Waar wil U hê moet ons vir U klaarmaak om die pasga te eet?

18. En Hy antwoord: Gaan na die stad na ’n sekere iemand en sê vir hom: Die Meester laat weet: My tyd is naby. By jou sal Ek die pasga hou met my dissipels.

Lees volledige hoofstuk Matthéüs 26