Ou Testament

Nuwe Testament

Matthéüs 26:59-69 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

59. En die owerpriesters en die ouderlinge en die hele Raad het valse getuienis teen Jesus gesoek om Hom dood te maak, en niks gevind nie.

60. En alhoewel daar baie valse getuies gekom het, het hulle niks gevind nie.

61. Maar oplaas kom daar twee valse getuies en sê: Hierdie man het gesê: Ek kan die tempel van God afbreek en dit in drie dae opbou.

62. Daarop staan die hoëpriester op en sê vir Hom: Antwoord U niks nie? Wat getuig hierdie manne teen U?

63. Maar Jesus het stilgebly. En die hoëpriester antwoord en sê vir Hom: Ek besweer U by die lewende God dat U vir ons sê of U die Christus, die Seun van God, is?

64. Jesus antwoord hom: U het dit gesê. Maar Ek sê vir u almal: Van nou af sal u die Seun van die mens sien sit aan die regterhand van die krag van God en kom op die wolke van die hemel.

65. Toe verskeur die hoëpriester sy klere en sê: Hy het godslasterlik gespreek, wat het ons nog getuies nodig? Kyk, nou het julle sy godslastering gehoor!

66. Wat dink julle? En hulle antwoord en sê: Hy is die dood skuldig.

67. Toe het hulle in sy aangesig gespuug en Hom met die vuis geslaan,

68. en ander het Hom met stokke geslaan en gesê: Profeteer vir ons, Christus! Wie is dit wat U geslaan het?

69. EN Petrus het buitekant gesit in die binneplaas van die paleis, en ’n sekere diensmeisie het na hom gekom en gesê: Jy was ook by Jesus, die Galiléër!

Lees volledige hoofstuk Matthéüs 26