Ou Testament

Nuwe Testament

Matthéüs 26:2-11 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

2. Julle weet dat oor twee dae die pasga kom, dan word die Seun van die mens oorgelewer om gekruisig te word.

3. Toe kom die owerpriesters en die skrifgeleerdes en die ouderlinge van die volk bymekaar in die paleis van die hoëpriester wat Kájafas genoem word,

4. en hou saam raad om Jesus met lis gevange te neem en om die lewe te bring.

5. Maar hulle het gesê: Nie op die fees nie, sodat daar nie miskien oproer onder die volk kom nie.

6. EN toe Jesus in Betánië was in die huis van Simon, die melaatse,

7. kom ’n vrou na Hom met ’n albaste fles met baie kosbare salf, en sy gooi dit op sy hoof uit terwyl Hy aan tafel was.

8. En toe sy dissipels dit sien, was hulle verontwaardig en sê: Waarvoor is hierdie verkwisting?

9. Want hierdie salf kon duur verkoop en die geld aan die armes gegee geword het.

10. Maar toe Jesus dit merk, sê Hy vir hulle: Waarom val julle die vrou lastig? Want sy het ’n goeie werk aan My gedoen.

11. Want die armes het julle altyd by julle, maar My het julle nie altyd nie.

Lees volledige hoofstuk Matthéüs 26