Ou Testament

Nuwe Testament

Matthéüs 26:19-32 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

19. Daarop het die dissipels gedoen soos Jesus hulle beveel het, en hulle het die pasga berei.

20. En toe dit aand geword het, was Hy met die twaalf aan tafel.

21. En terwyl hulle eet, sê Hy: Voorwaar Ek sê vir julle, een van julle sal My verraai.

22. Toe word hulle baie bedroef en begin elkeen van hulle aan Hom te sê: Is dit miskien ek, Here?

23. Toe antwoord Hy en sê: Hy wat saam met My sy hand in die skottel insteek, hy sal My verraai.

24. Die Seun van die mens gaan wel heen soos daar van Hom geskrywe is, maar wee daardie man deur wie die Seun van die mens verraai word! Dit sou vir hom goed gewees het as daardie man nie gebore was nie.

25. En Judas, wat Hom sou verraai, antwoord en sê: Is dit miskien ek, Rabbi? Hy antwoord hom: Jy het dit gesê.

26. En terwyl hulle eet, neem Jesus die brood, en nadat Hy gedank het, breek Hy dit en gee dit aan sy dissipels en sê: Neem, eet, dit is my liggaam.

27. Toe neem Hy die beker, en nadat Hy gedank het, gee Hy dit aan hulle en sê: Drink almal daaruit.

28. Want dit is my bloed, die bloed van die nuwe testament, wat vir baie uitgestort word tot vergifnis van sondes.

29. Maar Ek sê vir julle: Ek sal van nou af nooit meer van hierdie vrug van die wynstok drink nie, tot op daardie dag wanneer Ek dit met julle nuut sal drink in die koninkryk van my Vader.

30. En nadat hulle die lofsang gesing het, het hulle uitgegaan na die Olyfberg.

31. TOE sê Jesus vir hulle: Julle sal almal in hierdie nag aanstoot neem aan My, want daar is geskrywe: Ek sal die herder slaan, en die skape van die kudde sal verstrooi word.

32. Maar nadat Ek opgestaan het, sal Ek voor julle uit na Galiléa gaan.

Lees volledige hoofstuk Matthéüs 26