Ou Testament

Nuwe Testament

Matthéüs 25:32-40 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

32. en voor Hom sal al die nasies versamel word, en Hy sal hulle van mekaar afskei soos die herder die skape van die bokke afskei;

33. en Hy sal die skape aan sy regterhand en die bokke aan sy linkerhand sit.

34. Dan sal die Koning vir die wat aan sy regterhand is, sê: Kom, julle geseëndes van my Vader, beërf die koninkryk wat vir julle berei is van die grondlegging van die wêreld af.

35. Want Ek het honger gehad, en julle het My te ete gegee; Ek het dors gehad, en julle het My te drinke gegee; Ek was ’n vreemdeling, en julle het My herberg gegee;

36. Ek was naak, en julle het My geklee; Ek was siek, en julle het My besoek; in die gevangenis was Ek, en julle het na My gekom.

37. Dan sal die regverdiges Hom antwoord en sê: Here, wanneer het ons U honger gesien en gevoed; of dors, en te drinke gegee?

38. En wanneer het ons U ’n vreemdeling gesien, en herberg gegee; of naak, en geklee?

39. En wanneer het ons U siek gesien of in die gevangenis, en na U gekom?

40. En die Koning sal antwoord en vir hulle sê: Voorwaar Ek sê vir julle, vir sover julle dit gedoen het aan een van die geringstes van hierdie broeders van My, het julle dit aan My gedoen.

Lees volledige hoofstuk Matthéüs 25