Ou Testament

Nuwe Testament

Matthéüs 25:1-5 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

1. DAN sal die koninkryk van die hemele wees soos tien maagde wat hulle lampe geneem en uitgegaan het om die bruidegom te ontmoet.

2. En vyf van hulle was verstandig en vyf dwaas.

3. En toe die wat dwaas was, hul lampe neem, het hulle geen olie met hulle saamgeneem nie.

4. Maar die verstandiges het olie in hulle kanne saam met hul lampe geneem.

5. En terwyl die bruidegom talm om te kom, het hulle almal vaak geword en aan die slaap geraak.

Lees volledige hoofstuk Matthéüs 25