Ou Testament

Nuwe Testament

Matthéüs 23:1-9 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

1. TOE het Jesus die skare en sy dissipels toegespreek

2. en gesê: Die skrifgeleerdes en die Fariseërs sit op die stoel van Moses.

3. Alles wat hulle dan vir julle mag sê om te onderhou, onderhou en doen dit; maar volgens hulle werke moet julle nie doen nie, want hulle praat en doen nie.

4. Want hulle bind pakke saam wat swaar en moeilik is om te dra, en sit dit op die skouers van die mense, maar self wil hulle dit nie met hulle vinger verroer nie.

5. En hulle doen al hul werke om deur die mense gesien te word, en hulle maak hul gedenkseëls breed en die some van hul klere groot.

6. En hulle hou van die voorste plekke by die maaltye en die voorste banke in die sinagoges

7. en die begroetinge op die markte en om deur die mense genoem te word: Rabbi, Rabbi!

8. Maar julle, laat jul nie Rabbi noem nie, want een is julle leermeester: Christus, en julle is almal broeders.

9. En julle moet niemand op die aarde julle vader noem nie, want een is julle Vader, Hy wat in die hemele is.

Lees volledige hoofstuk Matthéüs 23