Ou Testament

Nuwe Testament

Matthéüs 22:35-46 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

35. En een van hulle, ’n wetgeleerde, het ’n vraag gestel om Hom te versoek en gesê:

36. Meester, wat is die groot gebod in die wet?

37. En Jesus antwoord hom: Jy moet die Here jou God liefhê met jou hele hart en met jou hele siel en met jou hele verstand.

38. Dit is die eerste en groot gebod.

39. En die tweede wat hiermee gelykstaan: Jy moet jou naaste liefhê soos jouself.

40. Aan hierdie twee gebooie hang die hele wet en die profete.

41. EN toe die Fariseërs saamgekom het, vra Jesus hulle

42. en sê: Wat dink julle van die Christus? Wie se seun is Hy? Hulle antwoord Hom: Dawid s’n.

43. Hy sê vir hulle: Hoe is dit dan dat Dawid Hom in die Gees Here noem as hy sê:

44. Die Here het tot my Here gespreek: Sit aan my regterhand totdat Ek u vyande gemaak het ’n voetbank van u voete?

45. As Dawid Hom dan Here noem, hoe is Hy sy seun?

46. En niemand kon Hom ’n woord antwoord nie; ook het geeneen van daardie dag af dit meer gewaag om Hom vrae te stel nie.

Lees volledige hoofstuk Matthéüs 22