Ou Testament

Nuwe Testament

Matthéüs 22:28-34 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

28. In die opstanding dan, van watter een van die sewe sal sy die vrou wees — want hulle almal het haar gehad?

29. Toe antwoord Jesus en sê vir hulle: Julle dwaal, omdat julle die Skrifte nie ken nie en ook nie die krag van God nie.

30. Want in die opstanding trou hulle nie en word ook nie in die huwelik uitgegee nie, maar is soos engele van God in die hemel.

31. En wat die opstanding van die dode betref — het julle nie die woord gelees wat tot julle deur God gespreek is nie:

32. Ek is die God van Abraham en die God van Isak en die God van Jakob? God is nie ’n God van dooies nie, maar van lewendes.

33. En toe die skare dit hoor, was hulle verslae oor sy leer.

34. EN toe die Fariseërs hoor dat Hy die Sadduseërs die mond gestop het, het hulle almal saam vergader.

Lees volledige hoofstuk Matthéüs 22