Ou Testament

Nuwe Testament

Matthéüs 22:1-10 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

1. EN Jesus het weer deur gelykenisse met hulle begin spreek en gesê:

2. Die koninkryk van die hemele is soos ’n koning wat ’n bruilof vir sy seun berei het

3. en sy diensknegte uitgestuur het om die genooides na die bruilof te roep, en hulle wou nie kom nie.

4. Weer het hy ander diensknegte uitgestuur met die boodskap: Sê vir die genooides: Kyk, my maaltyd het ek berei, my beeste en vetgemaakte vee is geslag en alles is gereed. Kom na die bruilof.

5. Maar hulle het hul daaraan nie gesteur nie en weggegaan, een na sy eie stuk land en ’n ander na sy handelsaak.

6. En die origes het sy diensknegte gegryp en mishandel en doodgemaak.

7. Toe die koning dit hoor, het hy kwaad geword en sy manskappe gestuur en daardie moordenaars omgebring en hulle stad aan die brand gesteek.

8. Daarop sê hy vir sy diensknegte: Die bruilof is wel gereed, maar die genooides was dit nie werd nie.

9. Gaan dan op die kruispaaie en nooi almal wat julle mag vind, na die bruilof.

10. En daardie diensknegte het uitgegaan op die paaie en almal versamel wat hulle gevind het, slegtes sowel as goeies, en die bruilofsaal het vol gaste geword.

Lees volledige hoofstuk Matthéüs 22