Ou Testament

Nuwe Testament

Matthéüs 21:1-5 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

1. EN toe hulle naby Jerusalem gekom en Bétfagé aan die Olyfberg bereik het, stuur Jesus twee dissipels uit en sê vir hulle:

2. Gaan na daardie dorp reg voor julle, en dadelik sal julle ’n eselin vind wat vasgemaak is, en ’n vul by haar. Maak haar los en bring hulle vir My.

3. En as iemand vir julle iets sê, moet julle antwoord: Die Here het hulle nodig; en dadelik sal hy hulle stuur.

4. En dit het alles gebeur, sodat vervul sou word die woord wat deur die profeet gespreek is:

5. Sê vir die dogter van Sion: Kyk, jou Koning kom na jou toe, sagmoedig, en Hy sit op ’n esel, ja, ’n jong esel, die vul van ’n pakdier.

Lees volledige hoofstuk Matthéüs 21