Ou Testament

Nuwe Testament

Matthéüs 20:1-9 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

1. WANT die koninkryk van die hemele is soos ’n huisheer wat vroeg in die môre uitgegaan het om arbeiders vir sy wingerd te huur.

2. En nadat hy met die arbeiders ooreengekom het vir ’n penning op ’n dag, stuur hy hulle in sy wingerd.

3. En omtrent die derde uur gaan hy uit en sien ander ledig op die mark staan.

4. En hy sê vir hulle: Gaan julle ook in die wingerd, en wat reg is, sal ek aan julle gee. En hulle het gegaan.

5. Weer het hy omtrent die sesde en die negende uur uitgegaan en net dieselfde gedoen.

6. En omtrent die elfde uur gaan hy uit en vind ander ledig staan en sê vir hulle: Wat staan julle hier die hele dag ledig?

7. Hulle antwoord hom: Omdat niemand ons gehuur het nie. Hy sê vir hulle: Gaan julle ook in die wingerd, en wat reg is, sal julle ontvang.

8. En toe dit aand geword het, sê die heer van die wingerd vir sy opsigter: Roep die arbeiders en betaal hulle hul loon; en begin van die laastes af tot by die eerstes.

9. En die wat omtrent die elfde uur begin het, het gekom en elkeen ’n penning ontvang.

Lees volledige hoofstuk Matthéüs 20