Ou Testament

Nuwe Testament

Matthéüs 2:17-23 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

17. Toe is vervul wat deur Jeremia, die profeet, gespreek is toe hy gesê het:

18. ’n Stem is in Rama gehoor: rouklag en geween en groot gekerm; Ragel beween haar kinders en wil nie vertroos word nie, omdat hulle daar nie meer is nie.

19. EN ná die dood van Herodes het daar ’n engel van die Here in ’n droom aan Josef in Egipte verskyn

20. en gesê: Staan op, neem die Kindjie en sy moeder, en gaan na die land van Israel; want hulle is dood wat die lewe van die Kindjie gesoek het.

21. En hy het opgestaan, die Kindjie en sy moeder geneem en in die land van Israel gekom.

22. Maar toe hy hoor dat Archeláüs oor Judéa koning was in die plek van sy vader Herodes, was hy bevrees om daarheen te gaan. En hy het ’n goddelike waarskuwing in ’n droom ontvang en na die streke van Galiléa teruggekeer.

23. En hy het gaan woon in ’n stad met die naam van Násaret, sodat vervul sou word wat deur die profete gespreek is, dat Hy Nasaréner genoem sou word.

Lees volledige hoofstuk Matthéüs 2