Ou Testament

Nuwe Testament

Matthéüs 18:17-26 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

17. En as hy na hulle nie luister nie, sê dit aan die gemeente; en as hy na die gemeente ook nie luister nie, laat hom vir jou wees soos die heiden en die tollenaar.

18. Voorwaar Ek sê vir julle, alles wat julle op die aarde bind, sal in die hemel gebonde wees; en alles wat julle op die aarde ontbind, sal in die hemel ontbonde wees.

19. Weer sê Ek vir julle: As twee van julle saamstem op die aarde oor enige saak wat hulle mag vra, dit sal hulle ten deel val van my Vader wat in die hemele is.

20. Want waar twee of drie in my Naam vergader, daar is Ek in hul midde.

21. Toe kom Petrus na Hom en sê: Here, hoe dikwels sal my broeder teen my sondig en ek hom vergewe? Tot sewe maal toe?

22. Jesus antwoord hom: Ek sê vir jou, nie tot sewe maal toe nie, maar tot sewentig maal sewe toe.

23. Daarom word die koninkryk van die hemele vergelyk met ’n sekere koning wat met sy diensknegte wou afreken.

24. En toe hy begin afreken, word daar een na hom gebring wat tienduisend talente skuldig was.

25. En omdat hy nie kon betaal nie, gee sy heer bevel dat hy verkoop moet word, en sy vrou en sy kinders en alles wat hy het, en dat betaal moet word.

26. Toe val die dienskneg neer en buig voor hom en sê: Heer, wees lankmoedig met my, en ek sal u alles betaal.

Lees volledige hoofstuk Matthéüs 18