Ou Testament

Nuwe Testament

Matthéüs 16:3-8 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

3. En in die môre: Stormweer vandag, want die lug is donkerrooi. Geveinsdes, julle weet wel om die voorkoms van die lug te onderskei, en kan julle nie die tekens van die tye onderskei nie?

4. ’n Slegte en owerspelige geslag soek na ’n teken, en geen teken sal aan hom gegee word nie, behalwe die teken van Jona, die profeet. En Hy het hulle verlaat en weggegaan.

5. En toe sy dissipels na die oorkant gegaan het, het hulle vergeet om brode saam te neem.

6. Daarop sê Jesus vir hulle: Pas op en wees op julle hoede vir die suurdeeg van die Fariseërs en Sadduseërs.

7. En hulle het onder mekaar geredeneer en gesê: Dit is omdat ons geen brode saamgeneem het nie.

8. Maar Jesus het dit opgemerk en vir hulle gesê: Wat redeneer julle onder mekaar, kleingelowiges, dat julle geen brode saamgeneem het nie?

Lees volledige hoofstuk Matthéüs 16