Ou Testament

Nuwe Testament

Matthéüs 15:27-39 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

27. En sy sê: Ja, Here, maar die hondjies eet darem van die krummels wat van die tafel van hulle base afval.

28. Toe antwoord Jesus en sê vir haar: o Vrou, groot is jou geloof; laat dit vir jou wees soos jy wil hê. En haar dogter het gesond geword van daardie uur af.

29. TOE gaan Jesus daarvandaan weg en kom by die see van Galiléa; en Hy het op die berg geklim en daar gaan sit.

30. En ondertussen kom daar groot menigtes na Hom met kreupeles, blindes, stommes, gebreklikes en baie ander by hulle, en hulle het dié by die voete van Jesus neergesit, en Hy het hulle gesond gemaak,

31. sodat die skare verbaas was om te sien dat stommes praat, gebreklikes gesond word, kreupeles loop en blindes sien; en hulle het die God van Israel verheerlik.

32. Toe het Jesus sy dissipels na Hom geroep en gesê: Ek voel innig jammer vir die skare, omdat hulle al drie dae by My bly en niks het om te eet nie; en Ek wil hulle nie graag honger wegstuur nie, sodat hulle nie miskien op die pad beswyk nie.

33. En sy dissipels sê vir Hom: Waar sal ons in die woestyn soveel brode vandaan kry om so ’n groot skare te versadig?

34. Toe sê Jesus vir hulle: Hoeveel brode het julle? En hulle antwoord: Sewe, en ’n paar vissies.

35. En Hy het bevel gegee aan die skare om op die grond te gaan sit.

36. Toe neem Hy die sewe brode en die visse, en nadat Hy gedank het, breek Hy dit en gee dit aan sy dissipels, en die dissipels aan die skare.

37. En hulle het almal geëet en versadig geword; en hulle het die oorskot van die brokstukke opgetel, sewe mandjies vol.

38. En die wat geëet het, was vierduisend manne buiten die vroue en kinders.

39. En nadat Hy die skare weggestuur het, het Hy in die skuit gegaan en in die gebied van Mágdala gekom.

Lees volledige hoofstuk Matthéüs 15