Ou Testament

Nuwe Testament

Matthéüs 14:7-18 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

7. Daarom het hy met ’n eed beloof om haar enigiets te gee wat sy sou vra.

8. Toe sê sy, nadat sy deur haar moeder aangehits was: Gee my hier op ’n skottel die hoof van Johannes die Doper.

9. En die koning het treurig geword, maar ter wille van die eed en die feesgenote het hy beveel dat dit gegee moes word.

10. En hy het gestuur en Johannes in die gevangenis onthoof.

11. Sy hoof is toe op ’n skottel gebring en aan die meisie gegee, en sy het dit na haar moeder gebring.

12. En sy dissipels het gekom en sy liggaam weggeneem en dit begrawe; en hulle het gegaan en dit aan Jesus vertel.

13. En toe Jesus dit hoor, het Hy daarvandaan in ’n skuit vertrek na ’n verlate plek alleen. En die skare het dit gehoor en Hom van die stede af te voet gevolg.

14. EN toe Jesus uitgaan, het Hy ’n groot skare gesien en innig jammer vir hulle gevoel, en Hy het hulle siekes gesond gemaak.

15. En toe dit aand geword het, kom sy dissipels na Hom en sê: Die plek is verlate, en dit is al oor die tyd; stuur die skare weg, sodat hulle na die dorpe kan gaan en vir hulle voedsel koop.

16. Maar Jesus sê vir hulle: Hulle hoef nie weg te gaan nie; gee julle vir hulle iets om te eet.

17. Maar hulle antwoord Hom: Ons het hier net vyf brode en twee visse.

18. En Hy sê: Bring dit hier vir My.

Lees volledige hoofstuk Matthéüs 14