Ou Testament

Nuwe Testament

Matthéüs 14:17-26 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

17. Maar hulle antwoord Hom: Ons het hier net vyf brode en twee visse.

18. En Hy sê: Bring dit hier vir My.

19. Toe gee Hy die skare bevel om op die gras te gaan sit; en Hy neem die vyf brode en die twee visse, kyk op na die hemel en dank; en nadat Hy die brode gebreek het, gee Hy dit aan die dissipels en die dissipels aan die skare.

20. En almal het geëet en versadig geword, en hulle het die oorskot van die brokstukke opgetel, twaalf mandjies vol.

21. En dit was omtrent vyfduisend manne wat geëet het, buiten die vroue en kinders.

22. EN Jesus het dadelik sy dissipels gedwing om in die skuit te gaan en voor Hom uit te vaar na die oorkant, terwyl Hy die skare wegstuur.

23. En nadat Hy die skare weggestuur het, klim Hy op die berg om in die eensaamheid te bid. En toe dit aand geword het, was Hy daar alleen.

24. En die skuit was al in die middel van die see, geteister deur die golwe; want die wind was teen hulle.

25. Maar in die vierde nagwaak het Jesus na hulle gekom, al wandelende op die see.

26. En toe die dissipels Hom op die see sien loop, word hulle ontsteld en sê: Dit is ’n spook! En hulle het geskreeu van vrees.

Lees volledige hoofstuk Matthéüs 14