Ou Testament

Nuwe Testament

Matthéüs 14:1-10 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

1. EN in daardie tyd het Herodes, die viervors, die gerug van Jesus gehoor

2. en aan sy knegte gesê: Hierdie man is Johannes die Doper. Hy het uit die dode opgestaan, en daarom werk dié kragte in hom.

3. Want Herodes het Johannes gevang, hom geboei en in die gevangenis gesit vanweë Heródias, die vrou van Filippus, sy broer.

4. Want Johannes het vir hom gesê: Dit is u nie geoorloof om haar te hê nie.

5. En hoewel hy hom wou doodmaak, het hy die skare gevrees, omdat hulle hom vir ’n profeet gehou het.

6. Maar by die viering van die verjaarsdag van Herodes het die dogter van Heródias voor hulle gedans en Herodes behaag.

7. Daarom het hy met ’n eed beloof om haar enigiets te gee wat sy sou vra.

8. Toe sê sy, nadat sy deur haar moeder aangehits was: Gee my hier op ’n skottel die hoof van Johannes die Doper.

9. En die koning het treurig geword, maar ter wille van die eed en die feesgenote het hy beveel dat dit gegee moes word.

10. En hy het gestuur en Johannes in die gevangenis onthoof.

Lees volledige hoofstuk Matthéüs 14