Ou Testament

Nuwe Testament

Matthéüs 12:10-21 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

10. En daar was ’n man met ’n verdorde hand, en hulle het Hom gevra en gesê: Is dit geoorloof om op die sabbat gesond te maak? — sodat hulle Hom sou kan aanklae.

11. Maar Hy sê vir hulle: Watter mens sal daar onder julle wees wat een skaap het, en as dit op die sabbat in ’n sloot val, dit nie sal gryp en uithaal nie?

12. Hoeveel meer is ’n mens dan nie werd as ’n skaap nie! So is dit dan geoorloof om op die sabbat goed te doen.

13. Toe sê Hy vir die man: Steek jou hand uit! En hy het dit uitgesteek, en dit is herstel, gesond soos die ander een.

14. Daarop het die Fariseërs uitgegaan en saam raad gehou teen Hom, sodat hulle Hom sou kan ombring.

15. Toe Jesus dit bemerk, het Hy daarvandaan weggegaan, en groot menigtes het Hom gevolg, en Hy het hulle almal gesond gemaak,

16. en hulle ’n streng bevel gegee dat hulle Hom nie bekend moes maak nie,

17. sodat vervul sou word die woord wat gespreek is deur Jesaja, die profeet:

18. Kyk, my Kneg wat Ek uitverkies het, my Geliefde in wie my siel ’n welbehae het! Ek sal my Gees op Hom lê, en Hy sal aan die nasies die reg aankondig.

19. Hy sal nie twis of uitroep nie, en niemand sal sy stem op die strate hoor nie.

20. ’n Geknakte riet sal Hy nie verbreek nie, en ’n lamppit wat rook, sal Hy nie uitblus nie, totdat Hy die reg tot oorwinning uitbring.

21. En op sy Naam sal die heidene hoop.

Lees volledige hoofstuk Matthéüs 12