Ou Testament

Nuwe Testament

Matthéüs 11:10-14 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

10. Want dit is hy van wie daar geskrywe is: Kyk, Ek stuur my boodskapper voor u aangesig, wat u weg voor U uit sal regmaak.

11. Voorwaar Ek sê vir julle, onder die wat uit vroue gebore is, het daar nie een opgestaan wat groter is as Johannes die Doper nie; maar die kleinste in die koninkryk van die hemele is groter as hy.

12. Maar van die dae van Johannes die Doper af tot nou toe word die koninkryk van die hemele bestorm, en bestormers gryp dit met geweld.

13. Want al die profete en die wet het tot op Johannes geprofeteer.

14. En as julle dit wil aanneem: hy is Elía wat sou kom.

Lees volledige hoofstuk Matthéüs 11