Ou Testament

Nuwe Testament

Matthéüs 11:1-10 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

1. EN toe Jesus klaar was met bevele aan sy twaalf dissipels te gee, het Hy daarvandaan weggegaan om te leer en te preek in hulle stede.

2. En Johannes het in die gevangenis gehoor van die werke van Christus, en twee van sy dissipels gestuur

3. en vir Hom gesê: Is U die Een wat sou kom, of moet ons ’n ander een verwag?

4. En Jesus het geantwoord en vir hulle gesê: Gaan vertel aan Johannes wat julle hoor en sien:

5. blindes sien weer en kreupeles loop, melaatses word gereinig en dowes hoor, dooies word opgewek en aan armes word die evangelie verkondig.

6. En salig is elkeen wat aan My nie aanstoot neem nie.

7. En toe hulle vertrek, begin Jesus vir die skare aangaande Johannes te sê: Wat het julle uitgegaan om in die woestyn te aanskou? ’n Riet wat deur die wind beweeg word?

8. Maar wat het julle uitgegaan om te sien? ’n Man met sagte klere aan? Kyk, die wat sagte klere dra, is in die huise van konings.

9. Maar wat het julle uitgegaan om te sien? ’n Profeet? Ja, Ek sê vir julle, ook baie meer as ’n profeet!

10. Want dit is hy van wie daar geskrywe is: Kyk, Ek stuur my boodskapper voor u aangesig, wat u weg voor U uit sal regmaak.

Lees volledige hoofstuk Matthéüs 11