Ou Testament

Nuwe Testament

Matthéüs 10:36-42 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

36. En ’n mens se huisgenote sal sy vyande wees.

37. Wie vader of moeder bo My liefhet, is My nie waardig nie; en wie seun of dogter bo My liefhet, is My nie waardig nie.

38. En wie sy kruis nie neem en agter My volg nie, is My nie waardig nie.

39. Wie sy lewe vind, sal dit verloor; en wie sy lewe verloor om My ontwil, sal dit vind.

40. Wie julle ontvang, ontvang My; en wie My ontvang, ontvang Hom wat My gestuur het.

41. Wie ’n profeet ontvang omdat hy ’n profeet is, sal die loon van ’n profeet ontvang; en wie ’n regverdige ontvang omdat hy ’n regverdige is, sal die loon van ’n regverdige ontvang.

42. En elkeen wat een van hierdie kleintjies net ’n beker kou water laat drink, omdat hy ’n dissipel is, voorwaar Ek sê vir julle, hy sal sy loon sekerlik nie verloor nie.

Lees volledige hoofstuk Matthéüs 10