Ou Testament

Nuwe Testament

Matthéüs 10:28-36 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

28. En moenie vrees vir die wat die liggaam doodmaak, maar die siel nie kan doodmaak nie; maar vrees Hom liewer wat die siel sowel as die liggaam kan verderwe in die hel.

29. Word twee mossies nie vir ’n stuiwer verkoop nie? En nie een van hulle sal op die aarde val sonder julle Vader nie.

30. En van julle is selfs die hare van die hoof almal getel.

31. Wees dan nie bevrees nie: julle is meer werd as baie mossies.

32. Elkeen dan wat My sal bely voor die mense, hom sal Ek ook bely voor my Vader wat in die hemele is.

33. Maar elkeen wat My verloën voor die mense, hom sal Ek ook verloën voor my Vader wat in die hemele is.

34. Moenie dink dat Ek gekom het om vrede op die aarde te bring nie. Ek het nie gekom om vrede te bring nie, maar die swaard.

35. Want Ek het gekom om tweedrag te verwek tussen ’n man en sy vader, en tussen ’n dogter en haar moeder, en ’n skoondogter en haar skoonmoeder.

36. En ’n mens se huisgenote sal sy vyande wees.

Lees volledige hoofstuk Matthéüs 10