Ou Testament

Nuwe Testament

Matthéüs 1:21-25 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

21. en sy sal ’n seun baar, en jy moet Hom Jesus noem, want dit is Hy wat sy volk van hulle sondes sal verlos.

22. En dit het alles gebeur, sodat die woord vervul sou word wat die Here deur die profeet gespreek het:

23. Kyk, die maagd sal swanger word en ’n seun baar, en hulle sal Hom Emmánuel noem, dit is, as dit vertaal word: God met ons.

24. En toe Josef uit die slaap wakker word, het hy gedoen soos die engel van die Here hom beveel het en sy vrou by hom geneem;

25. en hy het haar nie beken totdat sy haar eersgebore Seun gebaar het nie; en hy het Hom Jesus genoem.

Lees volledige hoofstuk Matthéüs 1