Ou Testament

Nuwe Testament

Markus 9:25-43 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

25. En toe Jesus sien dat ’n skare bymekaar stroom, het Hy die onreine gees bestraf en vir hom gesê: Jou stom en dowe gees, Ek gebied jou, gaan uit hom uit en kom nooit weer in hom nie.

26. En nadat hy geskreeu en hom baie stuiptrekkings laat kry het, het hy uitgegaan. En die seun het soos ’n dooie geword, sodat baie gesê het: Hy is dood.

27. Maar Jesus het hom by die hand gegryp en hom opgerig; en hy het opgestaan.

28. En toe Hy in die huis kom, vra sy dissipels Hom afsonderlik: Waarom kon ons hom nie uitdrywe nie?

29. En Hy sê vir hulle: Hierdie geslag kan deur niks anders uitgaan as deur gebed en vas nie.

30. EN hulle het daarvandaan weggegaan en verbygetrek deur Galiléa; en Hy wou nie hê dat iemand dit moes weet nie.

31. Want Hy het sy dissipels geleer en vir hulle gesê: Die seun van die mens word oorgelewer in die hande van die mense, en hulle sal Hom doodmaak; en nadat Hy gedood is, sal Hy die derde dag opstaan.

32. En hulle het die gesegde nie verstaan nie en was bang om Hom uit te vra.

33. En Hy het in Kapérnaüm gekom; en toe Hy in die huis was, vra Hy hulle: Wat het julle op die pad met mekaar geredeneer?

34. Maar hulle het stilgebly; want hulle het op die pad met mekaar gepraat oor wie die grootste is.

35. En toe Hy gaan sit het, roep Hy die twaalf en sê vir hulle: As iemand die eerste wil wees, moet hy die laaste van almal en almal se dienaar wees.

36. En Hy neem ’n kindjie en laat hom in hul midde staan en slaan sy arms om hom en sê vir hulle:

37. Elkeen wat een van sulke kindertjies ontvang in my Naam, ontvang My. En elkeen wat My ontvang, ontvang nie My nie, maar Hom wat My gestuur het.

38. TOE antwoord Johannes Hom en sê: Meester, ons het iemand gesien wat in u Naam duiwels uitdryf en wat ons nie volg nie; en ons het hom belet, omdat hy ons nie volg nie.

39. Maar Jesus sê: Moet hom nie belet nie, want daar is niemand wat ’n krag in my Naam sal doen en gou van My sal kan kwaadspreek nie;

40. want wie nie teen ons is nie, is vír ons.

41. Want elkeen wat vir julle in my Naam ’n beker water gee om te drink, omdat julle aan Christus behoort, voorwaar Ek sê vir julle, hy sal sy loon sekerlik nie verloor nie.

42. EN elkeen wat een van hierdie kleintjies wat in My glo, laat struikel, dit is beter vir hom as ’n meulsteen om sy nek gehang en hy in die see gegooi word.

43. En as jou hand jou laat struikel, kap dit af. Dit is beter vir jou om vermink die lewe in te gaan, as om twee hande te hê en in die hel te gaan in die onuitbluslike vuur,

Lees volledige hoofstuk Markus 9