Ou Testament

Nuwe Testament

Markus 9:22-27 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

22. en dikwels het hy hom selfs in die vuur en in die water gegooi om hom dood te maak. Maar as U iets kan doen, ontferm U oor ons en help ons.

23. En Jesus sê vir hom: Wat dit betref — as jy kan glo, alle dinge is moontlik vir die een wat glo.

24. En dadelik roep die vader van die kind met trane uit en sê: Ek glo, Here, kom my ongeloof te hulp!

25. En toe Jesus sien dat ’n skare bymekaar stroom, het Hy die onreine gees bestraf en vir hom gesê: Jou stom en dowe gees, Ek gebied jou, gaan uit hom uit en kom nooit weer in hom nie.

26. En nadat hy geskreeu en hom baie stuiptrekkings laat kry het, het hy uitgegaan. En die seun het soos ’n dooie geword, sodat baie gesê het: Hy is dood.

27. Maar Jesus het hom by die hand gegryp en hom opgerig; en hy het opgestaan.

Lees volledige hoofstuk Markus 9