Ou Testament

Nuwe Testament

Markus 9:16-21 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

16. Daarop vra Hy die skrifgeleerdes: Waarom redetwis julle met hulle?

17. En een uit die skare antwoord en sê: Meester, ek het my seun wat ’n stomme gees het, na U gebring;

18. en waar hy hom ook aangryp, skeur hy hom; en hy kry skuim in die mond, en hy kners met sy tande en word styf; en ek het u dissipels gevra om hom uit te dryf, en hulle kon nie.

19. Toe antwoord Hy hom en sê: o Ongelowige geslag, hoe lank sal Ek by julle wees, hoe lank sal Ek julle verdra? Bring hom na My toe.

20. En hulle bring hom na Hom toe; en toe hy Hom sien, laat die gees hom dadelik stuiptrekkings kry, en hy val op die grond neer en rol rond met skuim in die mond.

21. Daarop vra Hy sy vader: Hoe lank is dit al dat dit hom oorgekom het? En hy sê: Van sy kindsdae af;

Lees volledige hoofstuk Markus 9