Ou Testament

Nuwe Testament

Markus 6:9-20 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

9. maar skoene aan die voete; en: Julle moet nie twee kledingstukke aantrek nie.

10. En Hy het vir hulle gesê: Waar julle ook al in ’n huis mag kom, bly dáár totdat julle daarvandaan vertrek.

11. En almal wat julle nie ontvang of na julle luister nie, gaan daarvandaan weg en skud die stof onder julle voete af tot ’n getuienis teen hulle. Voorwaar Ek sê vir julle, dit sal vir Sodom of Gomorra verdraagliker wees in die oordeelsdag as vir daardie stad.

12. En hulle het uitgegaan en gepreek dat die mense hulle moes bekeer.

13. En hulle het baie duiwels uitgedryf en baie siekes met olie gesalf en gesond gemaak.

14. TOE koning Herodes dit hoor — want sy naam het bekend geword — het hy gesê: Johannes die Doper het uit die dode opgestaan, en daarom werk dié kragte in Hom.

15. Ander het gesê: Hy is Elía, en ander weer het gesê: Hy is ’n profeet of soos een van die profete.

16. Maar toe Herodes dit hoor, sê hy: Johannes wat ek onthoof het, dit is hy; hy het uit die dode opgestaan.

17. Want Herodes self het gestuur en Johannes gevange geneem en hom in die gevangenis geboei, vanweë Heródias, die vrou van Filippus, sy broer, omdat hy met haar getrou het.

18. Want Johannes het aan Herodes gesê: Dit is u nie geoorloof om u broer se vrou te hê nie.

19. En Heródias het ’n oog op hom gehad en wou hom om die lewe bring en sy kon nie.

20. Want Herodes was bang vir Johannes, omdat hy wis dat hy ’n regverdige en heilige man was, en hy het hom beskerm; en nadat hy hom gehoor het, het hy baie dinge gedoen en graag na hom geluister.

Lees volledige hoofstuk Markus 6