Ou Testament

Nuwe Testament

Markus 6:17-24 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

17. Want Herodes self het gestuur en Johannes gevange geneem en hom in die gevangenis geboei, vanweë Heródias, die vrou van Filippus, sy broer, omdat hy met haar getrou het.

18. Want Johannes het aan Herodes gesê: Dit is u nie geoorloof om u broer se vrou te hê nie.

19. En Heródias het ’n oog op hom gehad en wou hom om die lewe bring en sy kon nie.

20. Want Herodes was bang vir Johannes, omdat hy wis dat hy ’n regverdige en heilige man was, en hy het hom beskerm; en nadat hy hom gehoor het, het hy baie dinge gedoen en graag na hom geluister.

21. En op die geskikte dag, toe Herodes op sy verjaarsdag vir sy groot manne en die owerstes oor duisend en die vernaamstes van Galiléa ’n maaltyd gegee het;

22. en toe die dogter van dieselfde Heródias inkom en dans, en Herodes en die wat saam aan tafel was, behaag, sê die koning vir die meisie: Vra my net wat jy wil, en ek sal dit aan jou gee.

23. En hy het vir haar gesweer: Net wat jy my vra, sal ek jou gee, al was dit ook die helfte van my koninkryk.

24. Daarop gaan sy uit en sê vir haar moeder: Wat sal ek vra? Toe antwoord sy: Die hoof van Johannes die Doper.

Lees volledige hoofstuk Markus 6