Ou Testament

Nuwe Testament

Markus 6:12-19 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

12. En hulle het uitgegaan en gepreek dat die mense hulle moes bekeer.

13. En hulle het baie duiwels uitgedryf en baie siekes met olie gesalf en gesond gemaak.

14. TOE koning Herodes dit hoor — want sy naam het bekend geword — het hy gesê: Johannes die Doper het uit die dode opgestaan, en daarom werk dié kragte in Hom.

15. Ander het gesê: Hy is Elía, en ander weer het gesê: Hy is ’n profeet of soos een van die profete.

16. Maar toe Herodes dit hoor, sê hy: Johannes wat ek onthoof het, dit is hy; hy het uit die dode opgestaan.

17. Want Herodes self het gestuur en Johannes gevange geneem en hom in die gevangenis geboei, vanweë Heródias, die vrou van Filippus, sy broer, omdat hy met haar getrou het.

18. Want Johannes het aan Herodes gesê: Dit is u nie geoorloof om u broer se vrou te hê nie.

19. En Heródias het ’n oog op hom gehad en wou hom om die lewe bring en sy kon nie.

Lees volledige hoofstuk Markus 6