Ou Testament

Nuwe Testament

Markus 4:38-41 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

38. Maar Hy was agter op die skuit aan die slaap op die kussing. En hulle het Hom wakker gemaak en vir Hom gesê: Meester, gee U nie om dat ons vergaan nie?

39. En Hy het opgestaan en die wind bestraf en vir die see gesê: Swyg, wees stil! En die wind het gaan lê, en daar het ’n groot stilte gekom.

40. Toe sê Hy vir hulle: Waarom is julle so bang? Hoe het julle dan geen geloof nie?

41. En ’n groot vrees het hulle oorweldig, en hulle het vir mekaar gesê: Wie is Hy tog, dat selfs die wind en die see Hom gehoorsaam is!

Lees volledige hoofstuk Markus 4