Ou Testament

Nuwe Testament

Markus 4:24-37 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

24. En Hy het vir hulle gesê: Pas op wat julle hoor; met die maat waarmee julle meet, sal vir julle gemeet word, en daar sal bygevoeg word vir julle wat hoor.

25. Want wie het, vir hom sal gegee word; en wie nie het nie, van hom sal weggeneem word ook wat hy het.

26. EN Hy het gesê: So is die koninkryk van God, soos wanneer ’n mens die saad in die grond gooi;

27. en hy gaan slaap en staan op, nag en dag, en die saad spruit uit en word groot — hoe, weet hy self nie.

28. Want vanself bring die aarde vrug voort, eers ’n halm, dan ’n aar, dan die volle koring in die aar.

29. En wanneer die vrug dit toelaat, steek hy die sekel dadelik in, omdat die oes daar is.

30. EN Hy het gesê: Waarmee moet ons die koninkryk van God vergelyk, of met watter soort gelykenis moet ons dit voorstel?

31. Dit is soos ’n mosterdsaad, wat die kleinste is van al die soorte saad op die aarde wanneer dit in die grond gesaai is;

32. en wanneer dit gesaai is, kom dit op en word groter as al die groentesoorte en maak groot takke, sodat die voëls van die hemel onder sy skaduwee nes kan maak.

33. En met baie sulke gelykenisse het Hy die woord tot hulle gespreek volgens wat hulle kon verstaan;

34. en sonder gelykenis het Hy tot hulle nie gespreek nie; maar afsonderlik het Hy vir sy dissipels alles uitgelê.

35. EN toe dit aand geword het op daardie dag, het Hy vir hulle gesê: Laat ons oorvaar na die ander kant.

36. En hulle het die skare verlaat en Hom, net soos Hy was, saamgeneem in die skuit; en daar was ook ander skuitjies by Hom.

37. En ’n groot stormwind het opgekom, en die golwe het in die skuit geslaan, sodat dit al vol wou word.

Lees volledige hoofstuk Markus 4