Ou Testament

Nuwe Testament

Markus 4:22-29 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

22. Want daar is niks verborge wat nie openbaar sal word nie, en daar is niks weggesteek nie of dit moet in die lig kom.

23. As iemand ore het om te hoor, laat hom hoor.

24. En Hy het vir hulle gesê: Pas op wat julle hoor; met die maat waarmee julle meet, sal vir julle gemeet word, en daar sal bygevoeg word vir julle wat hoor.

25. Want wie het, vir hom sal gegee word; en wie nie het nie, van hom sal weggeneem word ook wat hy het.

26. EN Hy het gesê: So is die koninkryk van God, soos wanneer ’n mens die saad in die grond gooi;

27. en hy gaan slaap en staan op, nag en dag, en die saad spruit uit en word groot — hoe, weet hy self nie.

28. Want vanself bring die aarde vrug voort, eers ’n halm, dan ’n aar, dan die volle koring in die aar.

29. En wanneer die vrug dit toelaat, steek hy die sekel dadelik in, omdat die oes daar is.

Lees volledige hoofstuk Markus 4