Ou Testament

Nuwe Testament

Markus 4:14-24 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

14. Die saaier saai die woord.

15. En dit is hulle wat langs die pad is — waar die woord gesaai word, maar sodra hulle dit gehoor het, kom die Satan dadelik en neem die woord weg wat in hulle harte gesaai is.

16. Net so ook is hulle by wie op rotsagtige plekke gesaai word — wat, as hulle die woord hoor, dit dadelik met blydskap aanneem,

17. maar geen wortel in hulleself het nie; hulle is net vir ’n tyd. Later as daar verdrukking of vervolging kom ter wille van die woord, struikel hulle dadelik.

18. En hulle by wie in die dorings gesaai word — dit is hulle wat die woord hoor,

19. en die sorge van hierdie wêreld en die verleiding van die rykdom en die begeerlikhede in verband met die ander dinge kom in en verstik die woord, en dit word onvrugbaar.

20. En dit is hulle by wie in die goeie grond gesaai is — hulle wat die woord hoor en aanneem en vrugte dra: een dertig- en een sestig- en een honderdvoudig.

21. EN Hy het vir hulle gesê: Die lamp kom tog nie om onder die maatemmer of onder die bed gesit te word nie. Is dit nie om op die staander gesit te word nie?

22. Want daar is niks verborge wat nie openbaar sal word nie, en daar is niks weggesteek nie of dit moet in die lig kom.

23. As iemand ore het om te hoor, laat hom hoor.

24. En Hy het vir hulle gesê: Pas op wat julle hoor; met die maat waarmee julle meet, sal vir julle gemeet word, en daar sal bygevoeg word vir julle wat hoor.

Lees volledige hoofstuk Markus 4