Ou Testament

Nuwe Testament

Markus 2:20-28 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

20. Maar daar sal dae kom wanneer die bruidegom van hulle weggeneem word, en dan sal hulle vas, in daardie dae.

21. En niemand werk ’n nuwe stuk lap op ’n ou kleed nie; anders skeur sy nuwe aangelapte stuk van die oue af, en daar kom ’n erger skeur.

22. En niemand gooi nuwe wyn in ou leersakke nie; anders sal die nuwe wyn die sakke laat bars, en die wyn loop uit en die sakke vergaan. Maar nuwe wyn moet in nuwe sakke gegooi word.

23. EN terwyl Hy op die sabbat deur die gesaaides loop, het sy dissipels al gaande are begin pluk.

24. Toe sê die Fariseërs vir Hom: Kyk, waarom doen hulle op die sabbat wat nie geoorloof is nie?

25. En Hy sê vir hulle: Het julle nooit gelees wat Dawid gedoen het nie — toe hy in die nood was, en hy en die wat by hom was, honger gehad het —

26. hoe hy in die huis van God gegaan het in die tyd van Ábjatar, die hoëpriester, en die toonbrode geëet het wat vir niemand behalwe die priesters geoorloof is om te eet nie; en ook aan die wat saam met hom was, gegee het?

27. En Hy sê vir hulle: Die sabbat is gemaak vir die mens, nie die mens vir die sabbat nie.

28. Daarom is die Seun van die mens Here ook van die sabbat.

Lees volledige hoofstuk Markus 2