Ou Testament

Nuwe Testament

Markus 15:35-47 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

35. En sommige van die wat daar staan, hoor dit en sê: Kyk, Hy roep na Elía.

36. Toe hardloop een en maak ’n spons vol asyn en sit dit op ’n riet en laat Hom drink; en hy sê: Wag, laat ons sien of Elía kom om Hom af te haal.

37. Maar Jesus het met ’n groot stem geroep en die laaste asem uitgeblaas.

38. En die voorhangsel van die tempel het in twee geskeur van bo tot onder.

39. En toe die hoofman oor honderd wat daar reg voor Hom staan, sien dat Hy so uitgeroep en die laaste asem uitgeblaas het, sê hy: Waarlik, Hy was die Seun van God.

40. En daar was ook vroue wat van ver af dit aanskou het. Onder hulle was Maria Magdaléna ook, en Maria, die moeder van Jakobus, die kleine, en van Joses, en Salóme —

41. hulle wat Hom gevolg en Hom gedien het toe Hy in Galiléa was — en baie ander vroue wat saam met Hom opgegaan het na Jerusalem.

42. EN toe dit aand geword het, omdat dit die voorbereiding was, dit is die voorsabbat,

43. kom daar ’n vername raadslid, Josef van Arimathéa, wat self ook die koninkryk van God verwag het; en hy waag dit om na Pilatus in te gaan en die liggaam van Jesus te vra.

44. En Pilatus was verwonderd dat Hy al dood was, en hy het die hoofman oor honderd geroep en hom gevra of Hy al lank dood was.

45. En toe hy dit van die hoofman oor honderd verneem het, het hy die liggaam aan Josef geskenk.

46. En hy het linne gekoop, en Hom afgehaal en in die linne toegedraai, en Hom neergelê in ’n graf wat in ’n rots uitgekap was. En hy het ’n steen teen die opening van die graf gerol.

47. En Maria Magdaléna en Maria, die moeder van Joses, het gesien waar Hy neergelê word.

Lees volledige hoofstuk Markus 15