Ou Testament

Nuwe Testament

Markus 15:3-10 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

3. En die owerpriesters het baie beskuldiginge teen Hom ingebring.

4. En Pilatus het Hom weer gevra en gesê: Antwoord U niks nie? Kyk hoe baie getuienisse hulle teen U inbring.

5. Maar Jesus het niks meer geantwoord nie, sodat Pilatus hom verwonder het.

6. En op die fees was hy gewoond om een gevangene, die een wat hulle gevra het, vir hulle los te laat.

7. En daar was ’n sekere Barábbas wat met mede-oproermakers in die gevangenis was; en hulle het in die opstand ’n moord begaan.

8. En die skare het geskreeu en begin vra dat hy vir hulle sou doen soos altyd.

9. Toe antwoord Pilatus en sê vir hulle: Wil julle hê dat ek vir julle die Koning van die Jode moet loslaat?

10. Want hy het geweet dat die owerpriesters Hom uit nydigheid oorgelewer het.

Lees volledige hoofstuk Markus 15