Ou Testament

Nuwe Testament

Markus 13:17-30 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

17. Maar wee die vroue wat swanger is en die wat nog soog, in daardie dae!

18. En bid dat julle vlug nie in die winter mag plaasvind nie.

19. Want daardie dae sal daar ’n verdrukking wees soos daar nie gewees het van die begin van die skepping af wat God geskape het tot nou toe, en ook nooit sal wees nie.

20. En as die Here dié dae nie verkort het nie, sou geen vlees gered word nie; maar ter wille van die uitverkorenes wat Hy uitverkies het, het Hy dié dae verkort.

21. En as iemand dán vir julle sê: Kyk, hier is die Christus! of: Kyk, daar! — moet dit nie glo nie.

22. Want daar sal valse christusse en valse profete opstaan, en hulle sal tekens en wonders doen om, as dit moontlik was, ook die uitverkorenes te mislei.

23. Maar julle moet op jul hoede wees. Kyk, Ek het alles vir julle vooruit gesê.

24. MAAR in daardie dae, ná dié verdrukking, sal die son verduister word, en die maan sal sy glans nie gee nie,

25. en die sterre van die hemel sal val, en die kragte wat in die hemele is, sal geskud word.

26. En dan sal hulle die Seun van die mens op die wolke sien kom met groot krag en heerlikheid.

27. En dan sal Hy sy engele uitstuur, en Hy sal sy uitverkorenes uit die vier windstreke versamel, van die einde van die aarde af tot by die einde van die hemel.

28. En leer van die vyeboom hierdie gelykenis: Wanneer sy tak al sag word en sy blare uitbot, weet julle dat die somer naby is.

29. So weet julle ook, wanneer julle hierdie dinge sien gebeur, dat dit naby is, voor die deur.

30. Voorwaar Ek sê vir julle, hierdie geslag sal sekerlik nie verbygaan voordat al hierdie dinge gebeur het nie.

Lees volledige hoofstuk Markus 13