Ou Testament

Nuwe Testament

Markus 13:1-6 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

1. EN toe Hy uit die tempel uitgaan, sê een van sy dissipels vir Hom: Meester, kyk watter klippe en watter geboue!

2. En Jesus antwoord en sê vir hom: Sien jy hierdie groot geboue? Daar sal sekerlik nie een klip op die ander gelaat word wat nie afgebreek sal word nie!

3. En toe Hy gaan sit het op die Olyfberg, regoor die tempel, vra Petrus en Jakobus en Johannes en Andréas Hom afsonderlik:

4. Vertel ons, wanneer sal hierdie dinge wees, en wat is die teken wanneer al hierdie dinge volbring word?

5. En Jesus antwoord hulle en begin te sê: Pas op dat niemand julle mislei nie.

6. Want baie sal onder my Naam kom en sê: Dit is ek! En hulle sal baie mense mislei.

Lees volledige hoofstuk Markus 13