Ou Testament

Nuwe Testament

Markus 11:1-7 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

1. EN toe hulle naby Jerusalem kom, by Bétfagé en Betánië, aan die Olyfberg, stuur Hy twee van sy dissipels uit

2. en sê vir hulle: Gaan na daardie dorp reg voor julle; en dadelik as julle daar inkom, sal julle ’n eselsvul vind wat vasgemaak is, waar geen mens op gesit het nie. Maak hom los en bring hom.

3. En as iemand vir julle sê: Waarom doen julle dit? moet julle antwoord: Die Here het hom nodig; en dadelik sal hy hom hierheen stuur.

4. En hulle het gegaan en die vul by die deur, buite op die straat, vasgemaak gevind en hom losgemaak.

5. Daarop sê sommige van die wat daar staan, vir hulle: Wat maak julle dat julle die vul losmaak?

6. En hulle antwoord hul soos Jesus beveel het. Toe laat hulle hul begaan.

7. En hulle het die vul na Jesus gebring en hulle klere daarop gelê, en Hy het op hom gaan sit.

Lees volledige hoofstuk Markus 11