Ou Testament

Nuwe Testament

Markus 10:12-18 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

12. en as ’n vrou van haar man skei en met ’n ander een trou, pleeg sy egbreuk.

13. EN hulle het kindertjies na Hom gebring, dat Hy hulle kon aanraak; en die dissipels het die wat hulle gebring het, bestraf.

14. Maar toe Jesus dit sien, het Hy hulle dit baie kwalik geneem en vir hulle gesê: Laat die kindertjies na My toe kom en verhinder hulle nie, want aan sulkes behoort die koninkryk van God.

15. Voorwaar Ek sê vir julle, elkeen wat die koninkryk van God nie soos ’n kindjie ontvang nie, sal daar nooit ingaan nie.

16. En Hy het sy arms om hulle geslaan, sy hande op hulle gelê en hulle geseën.

17. EN toe Hy op die pad uitgaan, hardloop daar een na Hom toe en val voor Hom op die knieë en vra Hom: Goeie Meester, wat moet ek doen om die ewige lewe te beërwe?

18. En Jesus sê vir hom: Waarom noem jy My goed? Niemand is goed nie, behalwe Een, naamlik God.

Lees volledige hoofstuk Markus 10