Ou Testament

Nuwe Testament

Markus 10:1-15 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

1. EN Hy het opgestaan en daarvandaan deur die oorkant van die Jordaan na die gebied van Judéa gegaan; en weer het ’n skare by Hom vergader; en soos Hy gewoond was, het Hy hulle weer geleer.

2. Toe kom die Fariseërs na Hom; en, om Hom te versoek, stel hulle Hom die vraag of dit ’n man geoorloof is om van sy vrou te skei?

3. Maar Hy antwoord en sê vir hulle: Wat het Moses julle beveel?

4. En hulle sê: Moses het toegelaat om ’n skeibrief te skrywe en van haar te skei.

5. En Jesus antwoord en sê vir hulle: Vanweë die hardheid van julle harte het hy vir julle hierdie gebod geskrywe,

6. maar van die begin van die skepping af het God hulle man en vrou gemaak.

7. Om hierdie rede sal die man sy vader en moeder verlaat en sy vrou aankleef,

8. en hulle twee sal een vlees word, sodat hulle nie meer twee is nie, maar een vlees.

9. Wat God dan saamgevoeg het, mag geen mens skei nie.

10. En in die huis het sy dissipels Hom weer oor dieselfde saak gevra.

11. En Hy sê vir hulle: Elkeen wat van sy vrou skei en ’n ander een trou, pleeg egbreuk teen haar;

12. en as ’n vrou van haar man skei en met ’n ander een trou, pleeg sy egbreuk.

13. EN hulle het kindertjies na Hom gebring, dat Hy hulle kon aanraak; en die dissipels het die wat hulle gebring het, bestraf.

14. Maar toe Jesus dit sien, het Hy hulle dit baie kwalik geneem en vir hulle gesê: Laat die kindertjies na My toe kom en verhinder hulle nie, want aan sulkes behoort die koninkryk van God.

15. Voorwaar Ek sê vir julle, elkeen wat die koninkryk van God nie soos ’n kindjie ontvang nie, sal daar nooit ingaan nie.

Lees volledige hoofstuk Markus 10