Ou Testament

Nuwe Testament

Markus 1:7-17 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

7. En hy het gepreek en gesê: Hy wat sterker is as ek, kom ná my, en ek is nie waardig om neer te buk en sy skoenriem los te maak nie.

8. Ek het julle wel met water gedoop, maar Hy sal julle doop met die Heilige Gees.

9. EN in daardie dae het Jesus van Násaret in Galiléa gekom en is deur Johannes in die Jordaan gedoop.

10. En dadelik toe Hy opklim uit die water, sien Hy die hemele skeur en die Gees soos ’n duif op Hom neerdaal.

11. En daar het ’n stem uit die hemele gekom: U is my geliefde Seun in wie Ek ’n welbehae het.

12. En dadelik het die Gees Hom uitgedryf in die woestyn.

13. En Hy was daar in die woestyn veertig dae lank, terwyl Hy deur die Satan versoek is; en Hy was saam met die wilde diere, en die engele het Hom gedien.

14. EN nadat Johannes oorgelewer was, het Jesus in Galiléa gekom en die evangelie van die koninkryk van God verkondig

15. en gesê: Die tyd is vervul en die koninkryk van God het naby gekom; bekeer julle en glo die evangelie.

16. En terwyl Hy langs die see van Galiléa loop, sien Hy Simon en Andréas, sy broer, besig om ’n net in die see uit te gooi; want hulle was vissers.

17. En Jesus sê vir hulle: Kom agter My aan, en Ek sal maak dat julle vissers van mense word.

Lees volledige hoofstuk Markus 1