Ou Testament

Nuwe Testament

Markus 1:4-8 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

4. Johannes het gekom en was besig om in die woestyn te doop en die doop van bekering tot vergifnis van sondes te verkondig.

5. En die hele Joodse land en die inwoners van Jerusalem het uitgegaan na hom toe, en almal is deur hom gedoop in die Jordaanrivier met belydenis van hulle sondes.

6. En Johannes was gekleed met kameelhare en ’n leergord om sy heupe, en hy het sprinkane en wilde heuning geëet.

7. En hy het gepreek en gesê: Hy wat sterker is as ek, kom ná my, en ek is nie waardig om neer te buk en sy skoenriem los te maak nie.

8. Ek het julle wel met water gedoop, maar Hy sal julle doop met die Heilige Gees.

Lees volledige hoofstuk Markus 1