Ou Testament

Nuwe Testament

Markus 1:30-38 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

30. En die skoonmoeder van Simon het siek gelê aan die koors; en dadelik het hulle Hom van haar gesê.

31. Daarop gaan Hy na haar, neem haar hand en rig haar op, en dadelik het die koors haar verlaat, en sy het hulle bedien.

32. En toe dit aand geword het en die son onder was, het hulle na Hom gebring almal wat ongesteld en van duiwels besete was.

33. En die hele stad het by die deur saamgekom.

34. En baie wat aan allerhande siektes gely het, het Hy gesond gemaak en baie duiwels uitgedryf en die duiwels nie toegelaat om te praat nie, omdat hulle Hom geken het.

35. En vroeg in die môre, nog diep in die nag, het Hy opgestaan en uitgegaan en na ’n eensame plek vertrek en daar gebid.

36. En Simon en die wat by hom was, het Hom gevolg.

37. En toe hulle Hom vind, sê hulle vir Hom: Almal soek U.

38. En Hy sê vir hulle: Laat ons na die naburige dorpe gaan, sodat Ek ook daar kan preek; want daarvoor het Ek uitgegaan.

Lees volledige hoofstuk Markus 1