Ou Testament

Nuwe Testament

Markus 1:21-28 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

21. EN hulle het in Kapérnaüm gekom, en dadelik op die sabbat het Hy in die sinagoge ingegaan en begin leer.

22. En hulle was verslae oor sy leer, want Hy het hulle geleer soos een wat gesag het en nie soos die skrifgeleerdes nie.

23. En daar was in hulle sinagoge ’n man met ’n onreine gees; en hy het uitgeskreeu

24. en gesê: Hou op! Wat het ons met U te doen, Jesus, Nasaréner? Het U gekom om ons te verdelg? Ek ken U, wie U is: die Heilige van God!

25. En Jesus het hom bestraf en gesê: Bly stil en gaan uit hom uit!

26. En die onreine gees het hom stuiptrekkings laat kry en met ’n groot stem geskreeu en uit hom uitgegaan.

27. En almal was verbaas, sodat hulle onder mekaar vra en sê: Wat is dit? Watter nuwe leer is dit, dat Hy met gesag ook aan die onreine geeste bevel gee en hulle Hom gehoorsaam is?

28. En die gerug aangaande Hom is dadelik versprei in die hele omtrek van Galiléa.

Lees volledige hoofstuk Markus 1