Ou Testament

Nuwe Testament

Markus 1:20-29 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

20. En dadelik het Hy hulle geroep, en hulle het hul vader Sebedéüs met die gehuurde mense in die skuit laat staan en Hom gevolg.

21. EN hulle het in Kapérnaüm gekom, en dadelik op die sabbat het Hy in die sinagoge ingegaan en begin leer.

22. En hulle was verslae oor sy leer, want Hy het hulle geleer soos een wat gesag het en nie soos die skrifgeleerdes nie.

23. En daar was in hulle sinagoge ’n man met ’n onreine gees; en hy het uitgeskreeu

24. en gesê: Hou op! Wat het ons met U te doen, Jesus, Nasaréner? Het U gekom om ons te verdelg? Ek ken U, wie U is: die Heilige van God!

25. En Jesus het hom bestraf en gesê: Bly stil en gaan uit hom uit!

26. En die onreine gees het hom stuiptrekkings laat kry en met ’n groot stem geskreeu en uit hom uitgegaan.

27. En almal was verbaas, sodat hulle onder mekaar vra en sê: Wat is dit? Watter nuwe leer is dit, dat Hy met gesag ook aan die onreine geeste bevel gee en hulle Hom gehoorsaam is?

28. En die gerug aangaande Hom is dadelik versprei in die hele omtrek van Galiléa.

29. EN dadelik toe hulle uit die sinagoge uitgegaan het, kom hulle saam met Jakobus en Johannes in die huis van Simon en Andréas.

Lees volledige hoofstuk Markus 1